hulpmiddels

Plakkate, plakkers en meer!

Dankie tog die eerste kwartaal is verby. Ek dink ons almal voel asof dit te veel, te vinnig was! Voordat die eksamen-stres van die tweede kwartaal inskop, kan ons eers op ander goed fokus, soos om seker te maak dat ons die beste hulpmiddels vir ons klasse het. Hier is ‘n paar goedjies van die opvoedkundige uitgewers, Depicta, wat jou onnie-lewe in die tweede kwartaal kan verbeter: Plakkers, plakkers, plakkers! Selfs my graadneges hou van plakkers. Ek kan nie glo wat ‘n groot verskil ‘n klein plakkertjie in ‘n kind se lewe maak nie! Dit motiveer leerders om beter te doen en mens kan nooit te veel erkenning en motivering aan leerders gee nie. Hier is ‘n paar van my gunstelinge:     Afrika-tale Noudat derde tale in ons skole ingebring word, kry ‘n mens nêrens hulpmiddels vir Afrika-...