e-leer

Hersieningslesse vir Graad 4 op YouTube

Dit maak my só bly om te sien dat meer en meer onnies in Suid-Afrika van tegnologie gebruik maak. Hierdie Juffrou van Edgemead Primary het ‘n hele paar video’s opgelaai om haar leerders te help met hersiening – heel waarskynlik vir die Junie-eksamen. As dit jou video’s is, welgedaan! Indien jy ook video’s of hulpbronne het wat jy graag wil deel, stuur gerus vir ons ‘n e-pos, of lewer sommer kommentaar. Geniet die video’s, onnies!   Daar is nog baie ander op die EPS-kanaal op YouTube. Gaan kyk gerus hier!   Onlangse Artikels Kom leer saam oor alles digitaal! Maak video’s met Adobe Voice ‘n Paar wenke vir Afrikaans EAT Afrikaanse Hulpmiddels deur Onnies Online Gratis Hulpmiddels vir jou klaskamer  

Kom leer saam oor alles digitaal!

Onnies, het julle al gehoor van die Digital Education Show Africa 2015 wat in Oktober plaasvind? Dit klink na ‘n baie opwindende uitstalling en konferensie wat elke onderwyser definitief moet bywoon. Opvoedkunde is besig om te verander. Onnies gebruik al hoe minder gewone swartborde en handboeke en verruil dit vir tablette en ander aanlyn-hulpmiddels. Digitale opvoedkunde is besig om groot veranderinge aan te bring en maak dit moontlik vir onderwysers om beter met hul leerders te kommunikeer. Onderwysers kan makliker leerders in hulle klasse se aandag boei en kan die kurrikulum soveel makliker aan leerders oordra. Maar, dit is nie altyd maklik nie. Elke dag hoor ‘n mens van nuwe digitale platforms wat mens kan help in die klas. Hoe implementeer ek dit? Waar kry ek dit? Hoe werk dit? Al hie...

‘n Paar wenke vir Afrikaans EAT

Ek het onlangs ‘n praatjie oor Digitale Media in die klaskamer gelewer. Hier is net ‘n paar uittreksels (kom ons noem dit sommer wenke) van die skyfievertoning oor blootstelling aan Afrikaans. Baie ouers vra: “Wat kan ek doen om my kind met Afrikaans te help?” Dis altyd ‘n moeilike vraag, want EAT ouers kan nie altyd Afrikaans praat nie en die leerders word nie groot in ‘n Afrikaanse omgewing nie. Gelukkig is daar baie gratis aanlyn-hulpbronne wat jou kan help om Afrikaans te leer. Dit sal veral help met woordeskatuitbreiding!   Die volgende hulpmiddels kan jou help met blootstelling aan Afrikaans (hoor, lees, luister). Klik op die foto om dit te lees. Die skakels wat genoem is: RSG Potgooi Klankopnemers SABC kanaal Pasella KykNET SABC 2 vir 7de Laa...

Timmie se toer deur tyd

  Net toe ek dink dat ek alles gesien het, het ek hierop afgekom! Prezi, soos julle teen nou al weet as julle Onnies Online volg, is ‘n aanlyn aanbieding platform waarop jy aanbiedings kan skep wat opwindend is en leerders sommer lekker wakker hou. Dink aan ‘n PowerPoint sonder al die simpel animasies. Kombineer dit nou met ‘n groot bladsy waarop jy kan inzoem en siedaar – Prezi! Hierdie Prezi is iets anders. Prezi-gebruiker, Wilmari Pretorius, het hierdie Prezi geskep om Tye aan haar leerders te verduidelik. Aan die begin ontmoet jy vir Timmie. Hy gaan sommer die hele klas op ‘n avontuur neem. Wanneer Timmie al sy tydwoorde ken, kan hy uiteindelik op ‘n toer deur tyd gaan. Lekker! Hier is die volledige Prezi. Dis altyd lekker om gratis hulpbronne o...

Woordeskatlyste op Quizlet

Quizlet is ‘n aanlyn flitskaart webtuiste, waar jy jou eie flitskaarte kan maak. Omdat so baie mense dit gebruik is daar oneindig baie woordekskatlyste vir Afrikaans EAT. Kinders geniet dit baie om hiervan gebruik te maak. Hulle kan speletjies speel, soos ‘n geheuespeletjie, dit maak ook toetse wat outomaties gemerk word en jy kan dit selfs uitdruk in verskillende formate. Dis regtig ‘n lekker manier om drilwerk te doen, iets waarvoor ons nie tyd het in die klas nie. Hier is ‘n lys wat ek vir my leerders saamgestel het. Daar is ook ander woordeskatlyste tussenin wat op ander webtuistes is. Deel gerus jou eie woordeskatlyste in die kommentaar hier onder!   Hier kan jy leer om jou eie Quizlet-woordeskatlyste te maak   Woordeskatlyste Kleure: https://quizlet....