e-leer

Laat leerders leer deur vasvrae te ontwerp in plaas daarvan dat hul dit beantwoord!

QuizPedia is ‘n prettige EdTech-hulpmiddel wat in die laerskool (en hoër grade) gebruik kan word. En dis gratis om te gebruik!

EduWeek 2017: Besoek die grootste onderwys-uitstalling in Afrika!

  EduWeek is die grootste opvoedkundige uitstalling in Suid-Afrika en is definitief ‘n plesier om by te woon vir elke onnie, skoolhoof en sommer almal wat in die onderwys belangstel.   EduWeek, ‘n sterk ondersteuner van die Verenigde Nasies se 17 VOD’s en Suid-Afrika se NOP, is ‘n tweedaagse uitstalling en konferensie wat meer as 180 plaaslike en internasionale produk- en diensverskaffers ten toon sal stel. Daar is ook sewe toegewyde EduTheatres / konferensiespore en 5 500 besoekers. Verskillende segmente van die onderwyssektor sal by EduWeek saamkom om die bevordering van onderwys, insluitend Beroeps- en Hoër Onderwys, Vroeëkinderontwikkeling, Basiese Onderwys, Inklusiewe Onderrig, Sport en Ontspanning, Tegnologie, Gesondheid en Finansies, te bespreek.   Die uit...

Idees vir Poësie-maand!

  April is Poësie-maand. Dis die perfekte geleentheid om ‘n liefde in leerders vir poësie en gedigte-skryf te kweek.   Kyk net na hierdie fantastiese video op TedEd oor wat poësie is en wat as poësie tel.   Ek het lank terug ook iets vir graad 4-onnies op my ou blog gelaai oor gedigte-skryf. Wanneer ons gedigte skryf, glo ek nog altyd in rymbal. ‘n Lekker ysbreker-aktiwiteit om saam met die leerders te doen (om die creative juices te laat vloei) is om RYMBAL te speel. Jy gee `n woord vir die leerders, jy gooi die bal vir iemand, hy / sy vang en gee `n woord wat rym met jou woord so gou as moontlik. Hy / sy gooi dan die bal vir enigiemand anders in die klas en daardie persoon moet dan weer rym! Siedaar, lekker rymwoorde vir almal. Skryf sommer die woorde op die bord neer soda...

Quizlet: Aanlyn-flitskaarte vir onnies en leerders

  Wanneer ook al ek ‘n sessie aanbied oor Tegnologie in die Klaskamer, is hierdie tool een van my nommer 1’s. As ‘n EAT-onnie, moet ons baie keer woordeskat en lyste van woorde in kinders se koppe kry, maar ai, ‘n lys woorde wat mens moet memoriseer kan tog so vervelig wees. En boonop is dit ook nie beste manier van leer nie. Herhaling is egter iets wat belangrik is wanneer ‘n mens ‘n taal aanleer, en dis gewoonlik waarvoor ek Quizlet gebruik. Quizlet het twee opsies. Die normale memoriserings-opsie, en dan ook ‘n speletjie-opsie, Quizlet LIVE, waar leerders in groepies saamwerk om korrekte vrae en antwoorde bymekaar te kry. Quizlet kan in jou klas deur jou dataprojektor op die bord gewys word, of as jy ‘n IWB het, kan leerders ook op die skerm druk en memoriseringspeletjies speel. Vi...

Digitale Media in die Afrikaansklas

  Ek het onlangs by ATKV Skitter in Afrikaans gesels oor Digitale Media in die Afrikaansklas (beide EAT en Huistaal). Ek het belowe om my slideshow te deel en hier is dit nou! Jammer oor die wag. Indien julle enige vrae het, lewer asb. hier onder kommentaar en ek sal julle help met enige iets waarmee julle sukkel. Julle kan klik op die verskillende skakels, maar kan nie die PowerPoint aflaai nie. Indien julle daarvan wil gebruik maak, laat weet my asb. Ek is ook beskikbaar om by jou skool of konferensie te kom gesels oor Tegnologie in die Onderwys. Geniet dit!   Onlangse Artikels Digitale Hulpmiddels vir Kreatiewe Skryf Idees vir hersiening Ou vraestelle op die internet Video’s oor kreatiewe skryfonderrig Vakante onderwysposte

Digitale hulpmiddels vir kreatiewe skryf

  Ek het onlangs met Honneurs Kreatiewe Skryf-studente gesels oor die gebruik van tegnologie wanneer kreatiewe skryf onderrig word. Leerders sukkel baie met skryf, maar baie kan gedoen word om hul houdings teenoor skryf te verander. Natuurlik is tegnologie nie die enigste uitweg nie, maar glo my, dit kan baie help! Hier is ‘n paar hulpmiddels waaroor ek gepraat het: Pre-skryf Wys ‘n video oor ‘n sekere tema, soos byvoorbeeld ‘n milue in ‘n ander land, soos ‘n besige straattoneel in Indië. Laat die leerders dit gebruik as inspirasie terwyl hulle beplan. Dit werk lekker vir ‘n beskrywende opstel. Vra verskillende vra, soos bv: Wat sien jy? Wat ruik jy? Hoe voel jy? Hoekom is jy daar? Wat het voor / na die tyd gebeur?     Gebruik ‘n “story starter” of ‘n “writing prompt” om lee...

Kyk hierdie video’s om Afrikatale aan te leer

Help jou leerders om Afrikatale aan te leer met hierdie oulike video's op YouTube!

3 video’s wat jou leerders met kreatiewe skryfwerk kan help

Het jy ‘n bietjie ekstra inligting nodig om jou leerders te leer hoe om te skryf? Of het jy dalk inspirasie nodig wat jou kan help om hulle te lei? Kyk hierdie video’s oor kreatiewe skryf en jy sal vir seker anders daaroor dink! Hierdie video’s kom alles van die TedEd-webstuiste af, waar jy honderde gratis lesse oor omtrent enigiets kan opspoor.   Hoe om komedie te skryf:   Hoe om beskrywend te skryf:   Hoe om ‘n fiktiewe wêreld te skep:     Onlangse Artikels: Uitstekende hulpmiddels deur Depicta Onderwysposte Opvoedkundige Hip-Hop Hulpmiddels op Teacha!

Hoe om ‘n YouTube video af te laai

Hier is 'n gids wat jou verduidelik hoe om vinnig 'n YouTube video af te laai en in jou klas te gebruik.

Speel Kahoot! in jou klas

  Speletjies is ‘n ding wat nooit uit die mode sal gaan met ons leerders nie. Wanneer kinders opgewonde raak en aktief besig is om te leer, leer hulle mos tien keer beter. Verby is die dae wat ons ure hoef te sukkel om speletjies te maak. Kahoot! is ‘n aanlyn-speletjieprogram waarop ‘n mens vasvra (en ander) speletjies kan maak. Al wat jy nodig het om te speel is ‘n projektor (of groot skerm) om die vrae te vertoon en díé wat speel het ook een of ander toestel nodig wat op die internet kan gaan. Dit kan ‘n selfoon, rekenaar of tablet wees. So, hoe werk dit? Dis baie maklik. Jy maak ‘n Kahoot! en die leerders speel dit deur die kode in te tik wat jy vir hulle gee. Dit is meerkeuse vrae. Leerders maak hulle keuse deur op hul skerm te klik op ‘n kleur en punte word aan hulle toegeken deu...

Natuurwetenskappe lesse deur mnr. Saayman!

  Dis nie aldag wat ‘n mens ‘n Afrikaanssprekende onnie op ‘n videosien praat nie. Die video’s is vir graad sesse gemaak om Natuurwetenskappe en Tegnologie te verduidelik. Dit kan baie help, veral om jou klaskamer om te keer (te flip).  Ek deel graag die volgende YouTube-kanaal en video’s met julle.     Klik hier om na sy YouTube-kanaal te gaan en die ander video’s te kyk.   Onlangse Artikels en Hulpmiddels Hersieningslesse vir Graad 4’s op YouTube Oulike les oor klinkers! Rapportkommentaar ‘n Paar wenke vir Afrikaans EAT Afrikaanse Hulpmiddels deur Onnies Online Soek vir gratis hulpmiddels      

Hersieningslesse vir Graad 4 op YouTube

Dit maak my só bly om te sien dat meer en meer onnies in Suid-Afrika van tegnologie gebruik maak. Hierdie Juffrou van Edgemead Primary het ‘n hele paar video’s opgelaai om haar leerders te help met hersiening – heel waarskynlik vir die Junie-eksamen. As dit jou video’s is, welgedaan! Indien jy ook video’s of hulpbronne het wat jy graag wil deel, stuur gerus vir ons ‘n e-pos, of lewer sommer kommentaar. Geniet die video’s, onnies!   Daar is nog baie ander op die EPS-kanaal op YouTube. Gaan kyk gerus hier!   Onlangse Artikels Kom leer saam oor alles digitaal! Maak video’s met Adobe Voice ‘n Paar wenke vir Afrikaans EAT Afrikaanse Hulpmiddels deur Onnies Online Gratis Hulpmiddels vir jou klaskamer