Share This Post

Dinge om die eerste dag van ‘n nuwe kwartaal te doen

Dinge om die eerste dag van ‘n nuwe kwartaal te doen

Die eerste dag van skool (in ‘n nuwe kwartaal) is darem nie so deurmekaar soos die eerste dag van skool van ‘n nuwe jaar nie, maar dis nie altyd moontlik om dadelik weg te spring met werk nie. Uit ervaring weet ek ook dat daar somtyds baie onverwagte dinge gebeur en dat jou periodes soms kortgeknip word. Hier is dalk ‘n paar goed wat jy kan doen (wat nie ‘n mors van tyd is nie.)

Gooi weg daardie “wat het jy in die vakansie gedoen” werkkaart/lesplan

Jy kan beter. Nie almal kan weggaan in vakansies nie. En heel waarskynlik het kinders net voor die TV gesit en videospeletjies speel. Baie opwindend. Dink liewer aan “wat het ons in die laaste kwartaal gedoen” om die gevriesde geheues te ontdooi. Laat hulle ‘n breinkaart teken en neerskryf wat hulle onthou van ‘n spesifieke tema. Dis dalk nou die mees opwindendste ding om te doen nie, maar dit sal hulle ook wys hoe vinnig ‘n mens iets vergeet as jy dit nie gebruik en hersien nie.

Praat oor wat in die wêreld (en in hulle wêrelde) gebeur het

Baie min kinders kyk nuus. Dalk deur sosiale media weet hulle wat aangaan met hul ikone, maar in die wêreld? Nie almal nie. Vra vir leerders watter noemenswaardige gebeure plaasgevind het en gesels daaroor. Dink byvoorbeeld aan die Thaise seuns wat in ‘n grot vasgevang was. Wat as so iets met jou moet gebeur? Dis ‘n lekker besprekingspunt. Dis ook die perfekte tyd vir jou om uit te vind wat nuut is in hulle wêrelde. Watter sanger het sukses behaal? Watter flieks is die in-ding? Watter meme het die internet gebreek? Dis waardevolle inligting wat jy later in jou lesse kan gebruik!

Rapporte gesien? Wat nou? Doelstellings!

‘n Rapport beteken eintlik niks op sy eie nie. Dis ‘n papier met ‘n paar persentasies op en in sekere skole is daar ‘n bietjie kommentaar wat eintlik maar baie generies is. Dis nie altyd moontlik om 1-1 tyd met kinders te hê nie, maar mens kan dit nie net los nie. Laat leerders SMART-doelwitte uitwerk vir die kwartaal. Gesels met hulle oor doelwitte, hoe dit lyk, wat ‘n mens kan doen om dit te bereik en gee spesifieke raad vir leerders om dit te kan implementeer. Laat hulle hierdie werkkaart invul en maak seker dat jy gedurende die kwartaal daarna kyk, of weer vir hulle daaroor vra. Kinders is oor die algemeen meer entoesiasties aan die begin van ‘n kwartaal/jaar, maar dan daal die entoesiasme-vlakke…

Gratis op Teacha! Klik om dit af te laai.

Nuwe sitplekke, organiseer jou klas, nuwe reëls, refleksie

Dalk het dinge die jaar lelik skeefgeloop en jou verhouding met jou klas is nie wat wonders nie. Gebruik die eerste les om die atmostfeer te skep vir die res van die jaar. Skuif kinders wat jy weet nie bymekaar moet sit nie, skuif dalk jou tafels om jou klas minder onderwysergesentreerd te maak, stel nuwe reëls saam met jou leerders op, reflekteer saam met hulle oor alles wat verkeerd geloop het, en wat julle saam sal doen om dit te verbeter. Dink aan die suksesse wat julle saam behaal het en gee vir hulle komplimente.

Inspireer hulle met inspirerende stories of video’s

Weet jy van suksesstories van leerders in jou gemeenskap? Kinders wat in jou skool was? Deel dit met hulle! Daar is ook inspirerende TED-talks wat julle kan kyk.

Hierdie is maar net ‘n paar idees. Ek weet dat dit nie vir alle grade sal werk nie en dalk ook nie van toepassing is op alle skole nie. Maar dalk inspireer dit jou om iets nuuts te doen die eerste dag van skool, in plaas daarvan om hulle net “besig” te hou. Lewer gerus hier onder kommentaar as jy dalk ander idees het, of nie met hierdie idees saam stem nie.

LEES VERDER

Lees die nuwe Teacha! tydskrif vir meer onnie-idees

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Share This Post

2 Comments

  1. Waardevol.Baie dankie

    Reply
  2. Baie oulike idees

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.