Share This Post

SACE-punte: Kreatiewe maniere om PO-punte in jou skool bymekaar te maak

SACE-punte: Kreatiewe maniere om PO-punte in jou skool bymekaar te maak

Elke onderwyser moet SACE (CPTD) PO-punte kry, maar die lees van nog ‘n boek oor die opvoedkunde of om alleen ‘n aanlynkursus aan te durf is nie vir almal nie, ons hou mos daarvan om saam te leer! Hier is ‘n paar maniere hoe jy PO-punte by jou skool kan kry en ook ander kan help om PO-punte te kry.

1.) Maak dit ‘n spanpoging

Gesels met ander onderwysers in jou skool oor areas waaroor hulle graag meer wil leer. Vat die top twee of drie onderwerper en identifiseer kenners in jou skool wat oor hierdie onderwerpe kan praat. Bv, is daar iemand wie in hul vorige skool ‘n plan bemeester het om boeliegedrag of ‘n negatiewe skoolkultuur aan te pak?

Wanneer onderwysers by mekaar leer, leer hulle van mense wat hulle ken en vertrou, en die skool gebruik sy eie hulpbronne om sy onderwysers verder te ontwikkel. Ons kan soveel van mekaar leer!

2.) ‘n Onnie-boekklub

‘n Groep onderwysers wat belangstel om meer oor ‘n spesifieke tema te leer, kan saam ‘n boek daaroor lees. Julle kan dan in ‘n informele manier ontmoet om die boek te bespreek en watter aksiestappe julle gaan neem om jul onderrigmetodes aan te pas of jul praktyk te verbeter. Gooi sommer ‘n glas wyn of elkeen kan ‘n eetdingetjie bring, dan is dit sommer ‘n PO-partytjie!


3.) Bied aan om ‘n mentor vir ander onnies te wees

Indien jou skool nie ‘n formele mentorskapprogram aanbied nie, kan jy ‘n voorstel aan jou skoolbestuurspan maak om dit te begin. Daar is dalk nuwe onderwysers in jou skool wat mentorskap nodig het, en omdat almal “te besig is” word daar nie na hul omgesien nie. Daar is dalk onnies wat nuut in ‘n vakgebied is of selfs onnies wat graag hul praktyk wil verbeter en die die vaardighede deur ‘n ervare onnie wil aanleer.

Dit hoef nie te wees dat ouer onnies jong onnies help nie, maar kan ook wees dat ‘n jonger onderwyser dalk ervare onderwysers metor in die gebruik van tegnologie in die klaskamer, of selfs nuwe tendense in die onderwys. Mentorskap en “afrigting” help beide partye om hul praktyk te verbeter, en dit kwalifiseer vir PO-punte.


4.) Organiseer ‘n konferensie.

Span kundiges in om by jou skool te praat oor onderwerpe waarin almal sal belangstel. Byvoorbeeld, as wiskunde-onderwysers wil weet hoe om e-leer toe te pas in hul vak, soek onnies van ‘n ander skool wat dit dalk reeds suksesvol gedoen het en kry hulle om te met ‘n groep onnies te gesels. Skole kan beurte maak om dit te aan te bied en bv. kostes van verversings te dek. Maak dit ‘n eendagkonferensie en nooi al die skole in jou omgewing.


5.) Lei ‘n gemeenskapsprojek.

As jy ‘n behoefte in jou skoolgemeenskap sien, kan jy dalk aan ‘n manier dink om aan te spreek. Dit tel as ‘n PO-aktiwiteit. Dink bv. daaran om skoolvoorrade soos skryfbehoeftes in te vorder, of kry borge van besighede of organisasies wat jou kan help om ‘n verskil in jou skoolgemeenskap te maak.

Hierdie artikel gaan binnekort op SACE Points Guide verskyn. Jou een-stop-gids oor SARO se PO-punte en waar om dit te kry. Teken in op die nuusbrief om uit te vind wanneer die webtuiste aanlyn is.

Artikel aangepas van L Norman

Lees verder:

Beheerliggame ’n sleutelaspek in moedertaalonderrig, sê FEDSAS

IDEES: Jy sal nie glo hoe mooi hierdie onnies se klasse lyk nie

Toetse en vraestelle vir verskeie vakke

Duisende reeds aan onnies uitbetaal: Verkoop jou hulpmiddels aanlyn

Afrikaanse hulpmiddels

4 APPS wat jou met klaskamerbestuur en dissipline kan help!

Wow! Kyk hoe dollie hierdie onnie sy klaskamer op!

10 idees vir jou klaskamer

Deel jou (GRATIS) hulpmiddels met ander onnies

Wenke vir jou volgende onderhoud

Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Share This Post

1 Comment

  1. Ek en my vriendin sukkel al vanaf verlede jaar om ons SACE registrasie certifikaat vanaf SACE te kry..ek het al my nommer maar geen certifikaat en dis heeltyd een storie op n ander al stuur ek my dox met registreerde pos en die persoon kry en teken vir dit…dan sal sy se sy het dit ni gekry tot ek v haar bewyse deurstuur dat sy dit wel ontvang het en dan is dit weer nou kort daar weer ander dox maar in haar email het sy vir my presies uiteen gesit wat ek moet stuur en dan het ek ook…so ons is al moedeloos en vra of daar iemand is wat vir ons in die saak kan inkyk.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.